| Stellenbosch Papers in Linguistics Plus | 卷:43 |
| Die waarde en uitdagings van diensleer vir tolkopleiding: die ervaring van die tolkopleidingsprogram aan die Universiteit Stellenbosch | |
| Lesch, Harold M.1  | |
| [1] Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika; | |
| 关键词: tolking; opleiding; diensleer; gemeenskap; | |
| DOI : 10.5842/43-0-201 | |
| 来源: DOAJ | |
【 摘 要 】
Die behoefte aan doeltreffende kommunikasie in ʼn samelewing, saam met die taalwerklikhedevan die openbare domein, noodsaak dat taaldienslewering in ʼn veeltalige land ʼn prominente rolspeel. Gevolglik word die opleiding van professionele tolke aan ons tersiêre instellingsnoodsaaklik, aangesien die tolkpraktyk in ʼn veeltaligheidskonteks bevorder behoort te word.Tolkopleiers beskou blootstelling aan en ondervinding in die tolkpraktyk as ʼn onmisbareonderdeel van die opleidingsprogram vir beginnertolke. Hierdie artikel is ʼn voorafstudie watfokus op die interaksie met taalgemeenskappe en diensleer vanuit die perspektief vantolkopleiding. Winston (2005:223) voer aan dat “practicum, service learning, and interactingwith community groups all reinforce the underlying understanding that students need […] tolearn through interactive, collaborative experiences with others”. Hierdie aktiwiteite is“student-centered learning activities that foster the development of critical thinking, decisionmaking,and self-assessment that are essential to interpreting effectively and competently”(ibid.). Kritiese denke, etiese besluitneming en selfassessering is kernvaardighede wat studentebenodig vir die tolkpraktyk. Volgens die beginsels van gesonde gemeenskapsinteraksie moetdiensleer nie as ʼn lukraak aktiwiteit beoefen word waar die studente vrye teuels gegee wordnie, maar dit behoort ingebed te wees in ’n akademiese kursus en formeel geassesseer word.Studente behoort op so ʼn wyse na te dink oor die diensleeraktiwiteit dat hulle verdere begripvan en groter waardering vir die dissipline kry, sowel as ʼn verhoogde bewustheid vanpersoonlike eiewaarde en verantwoordelikheid teenoor die burgerlike samelewing ontwikkel(Bringle en Hatcher 1995:12). Teen hierdie agtergrond ondersoek die artikel die interaksie vandie leerlingtolke met die taalgemeenskappe en die rol wat diensleer in hulle opleiding speel.Die diensleer in hierdie konteks is kursusgebaseerd en kredietdraend. Deur die tolkgebeurebehoort die studente insgelyks meer kennis te bekom van en ervaring te verkry in dietolkpraktyk, maar ook in die waarde daarvan vir interkulturele kommunikasie. Die bereikingvan hierdie uitkomste word beoordeel deur refleksie oor die diensleerervaring van dieleerlingtolke. Die metodologie vir hierdie artikel behels ʼn teoretiese verkenning van die veld,ʼn kritiese ondersoek na die studente se ervaring soos deur hulleself opgeteken en laastens ʼnbesinning oor die gepaardgaande uitdagings.
【 授权许可】
Unknown