| Stellenbosch Papers in Linguistics Plus | 卷:45 |
| Die waarde van tolking vir tersiêre onderrig en leer. ’n Ondersoek na die persepsies van tolkgemedieerde kommunikasie in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch | |
| Brewis, Carmen1  | |
| [1] Stellenbosch University, South Africa; | |
| 关键词: tolking; opvoedkundige tolking; klaskamertolking; onderrig en leer; akademiese geletterdheid; | |
| DOI : 10.5842/45-0-206 | |
| 来源: DOAJ | |
【 摘 要 】
Hierdie artikel is gegrond op ’n Meesterstudie wat die onderwerp was van ’n M-tesis inTolkstudie. Die studie het spesifiek ’n bydrae gemaak tot die bestaande navorsing inOpvoedkundige tolking. Simultane (gesproke) opvoedkundige tolking het relatief onlangs asaparte subdomein van gemeenskapstolking in Suid-Afrika beslag gevind. Navorsing hier telande verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die belangrikstekwessies waarin beleidsmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit van opvoedkundigetolking vir onderrig en leer. Die navorser het ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem endie persepsies van dosente, studente en tolke getoets ten einde antwoorde op die volgende tweevrae te vind: Wat is die ervaring van opvoedkundige tolking in klaskamers binne die konteks van dieFakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch? en; Wat is die waarde wat opvoedkundige tolking vir onderrig en leer binne hierdie kontekskan inhou?Die T-opsie geld as die verstektaalopsie binne die Fakulteit Regsgeleerdheid. Die ervaring vantolking in klasse is telkens na aanleiding van die navorsingsvrae vergelyk met studente endosente se ervaring van die T-opsie ten einde afleidings te maak oor die moontlike waarde vantolking binne hierdie konteks. Die unieke aard en die integrale rol wat taal en taalvaardighedein dié vakdissipline speel, maak hierdie konteks verder uniek en moes in die studie verrekenword.Die ondersoek is gedoen met verwysing na kontemporêre idees uit akademiesegeletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit, toeganklikheid en deelname is verken omuiteindelik die verbande tussen opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en tebeskryf. Die studie is gedoen teen die agtergrond van ’n verkenning van die teorie in Tolkstudiemet verwysing na rol, kwaliteit en professionaliteit sowel as resente navorsing uit die veld vangebaretaal. Die proefneming is in twee modules oor ’n tydperk van vier weke (16 uur) in klasse gedoenmet verwysing na drie basiese vrae: Kan tolking in klasse studente help om vakinhoud beter te verstaan? Kan studente hierdeur beter met die klaskamersituasie identifiseer? Word tyd sodoende in die leerproses bespaar?Deur ’n proses van deelnemende aksienavorsing is data ingewin deur middel van vraelyste, ’nfokusgroepbespreking, onderhoude en waarneming. As navorsingsmetodologie het dienavorser van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes gebruik gemaak.Die basiese bevindinge was dat akademiese taalvaardighede van studente aansienlik verskil metbeduidend groter taalvaardigheidsverskille onder Engelssprekende studente. Daar is ’nbeduidende ontevredenheid met die T-opsie onder studente en dosente. Tolking is beduidendpositief ervaar onder studente wat probleme met taal in die klaskamer ervaar, omdat dit geleihet tot ’n groter begrip van vakinhoud, die maak van meer omvattende aantekeninge tydenslesings en die feit dat studente tyd bespaar het in die leerproses. Studente voel nou meer tuis indie klaskameropset wat aanduidend was van wat navorsers in akademiese geletterdheidstudiesbeskryf as die reis van die “periferie” van geletterdheid na die “kern” daarvan. Verder was dituit die studie duidelik dat tolking optimaal binne ’n eentalige konteks plaasvind en datgehaltetolking ’n voorvereiste is. Tolke moet verkieslik oor tolkervaring, kennis vanklaskamerdiskoers en vakkennis, beskik. Suksesvolle kommunikasie, naamlik om te verstaanen om verstaan te word, bly ’n kernvoorwaarde vir leer.
【 授权许可】
Unknown