期刊论文详细信息
Literator
‘Listening at the threshold’ – ’n Lesing van godsdiens in ’n paar uittreksels uit drie van Iris Murdoch se boek romans: Henry and Cato, Nuns and soldiers and The unicorn
关键词: Iris Murdoch;    novels;    Henry and Cato;    Nuns and soldier;    The unicorn;   
DOI  :  10.4102/lit.v34i1.32
来源: DOAJ
【 摘 要 】

Hierdie artikel het die godsdienstige aspekte van drie van Iris Murdoch se romans binne die raamwerk van ’n Christelike leesteorie ontleed. Die artikel het die gebruik van die Christelike leesteorie verdedig eerder as teorieë wat dekonstruksie, Marxistiese teorie of psigoanalise as vertrekpunte neem. Die argument in die artikel was dat, alhoewel Murdoch nie self ’n ortodokse Christelike geloof voorgestaan het nie, daar wel in haar werk ’n echo of the Divine, soos beskryf deur Laurence Hemming, bespeur kan word. Dit was veral duidelik wanneer sy oor godsdiens skryf in die drie romans wat in die artikel in oorweging gekom het. Hierdie geestelike weerklanke is geloofwaardig en kom ook opvallend ooreen met ortodoks Christelike spiritualiteit. Die doel van die artikel was dus om ’n paar indrukke te noteer, ’n belangrike vraag aan die orde te stel en om ’n paar antwoorde te oorweeg oor die aard van die echo of the Divine wat aangetref word in die gekose uittreksels uit hierdie drie romans.

【 授权许可】

Unknown   

  文献评价指标  
  下载次数:0次 浏览次数:1次